Die Plaag

Die stil geknaag van skrywers, termiete en Suid-Afrika

  • Info
  • Protea Boekhuis, 2003
  •  
  • Vertaling
  • Daniel Hugo  

 
 
"Daar het jy jou bewys, David," het Eugéne Marais se biograaf Leon Rousseau uitgeroep toe hy Van Reybrouck se verhaal hoor, "jy moet dit publiseer!" Die resultaat van David van Reybrouck, Vlaamse argeoloog en joernalis, se "geplaagdheid" met Marais is veel meer as 'n biografiese herverkenning. Sy res lei by broodbome en murasies langs, deur 'n sfeer wat beheer is deur morfien die "dier wat sy gif via skerp tande in jou are spuit". En sy gegrawe agter die "plagiaataffêre" aan lewer inligting wat so fassinerend is soos die ooreenkoms wat hy tussen Suid-Afrika en die sosiale sisteem van 'n termietnes tref.
 

"Die resultaat is 'n grensoorskrydende boek wat 'n mens nie maklik onder 'n genre ingedeel kry nie."
 - Elize Parker, Sarie

"Die skrywer balanseer erns met 'n talent vir komedie [...], politieke waarneming met 'n eie soort poësie [...], en melancholie met skalksheid." - 
Louise Viljoen, Rapport

"Van Reybrouck laat hom ken as 'n ideale gespreksgenoot -- intelligent, ingelig, welsprekend, en oop vir indrukke en oortuigings." - François Smith, Die Burger

"Sy termiete-ywer is verstommend, en die leser sou nie die geringste van daar die sandkorrels wou mis nie, al is hulle ook hóé ver gaan haal." - 
Daniel Hugo, Die Burger

"Not only is this book full of engrossing information, but it also gives an interesting and often amusing perspective of Post-Apartheid South Africa through the eyes of an unbiased and observant outsider."
 - Fèbé van Niekerk, Cape Librarian